Terme en voorwaardes
Bepalings en Voorwaardes van Koeitjies en Kalfies Kleuterskool
1. Inleiding
Hierdie bepalings en voorwaardes geld vir alle inligting op sosialemediaplatforms asook webwerf van Koeitjies en Kalfies. Die webwerf www.koeitjieskalfies.co.za word gebruik om die skool te bemark en inligting beskikbaar te stel aan voornemende ouers.
2. Beperkte aanspreeklikheid en vrywaring
Die gebruiker gebruik alle inhoud van enige kommunikasie wat op enige platform geplaas word, op eie risiko. Deur die gebruik van die platforms gee die gebruiker aan die skool toestemming om hom/haar te kontak op enige van die kontakbesonderhede wat tydens inskrywings aangegee is.
Die menings en kommentaar van gebruikers op webwerf of sosialemediaplatforms is hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die eienaar/skool nie.
Die skool is nie aanspreeklik vir enige verlies, uitgawe of skade van enige aard wat die gebruiker mag ly of aangaan as gevolg van sy/haar toegang tot of gebruik van enige inligting vervat op Koeitjies en Kalfies kuberruimte nie, insluitend, sonder beperking, enige verlies, uitgawe of skade wat tot stand gekom het as gevolg van een van die volgende:
o Foutiewe inligting vervat op die webblad of enige kommunikasie wat van die skool ontvang word nie,
o Ongemagtigde toegang tot of wysiging van blaaie op kuberruimtes deur ‘n derde party,
o Die onbeskikbaarheid van enige kuberruimte,
o Die vernietinging van die gebruiker se data of rekenaaroterusting, of die data of rekenaartoerustig van ‘n derde party wat die gebruiker gebruik het om toegang tot die Koeitjies en Kalfies kuberruimtes te verkry,
Die gebruiker vrywaar Koeitjies en Kalfies teen enige aanmaning, eis of regsaksie wat teen die skool direk of indirek voortvloei uit die gebruiker se gebruik van, deelname tot, of toegang tot enige kuberruimte.
Die skool behou die reg voor om enige kuberruimte en/of die inhoud daarvan op eie diskresie en te enige tyd te verander, op te grader of op te skort.
Die gebruiker is self verantwoordelik vir enige inhoud wat die gebruiker aan die skool stuur.
Die skool sal nie verantwoordelik gehou word vir die verlies van enige inhoud wat die gebruiker op ‘n kuberruimte laai of daardeur aangestuur is nie dit is die gebruiker se eie verantwoordeliheid om self ‘n afskrif te hou.
Die gebruiker vrywaar die skool teen enige lastereis wat die gebruiker moontlik teen ‘n ander gebruiker van die webwerf kan instel.
3. Privaatheid
Die gebruiker gee toestemming aan Koeitjies en Kalfies vir die gebruik van persoonlike inligting wat ingesamel mag word deur die gebruik van die webwerf of deur die voltooiing van enige vorm aanlyn of fisies.
Die skool sal slegs die gebruiker se persoonlike inligting met derde partye deel wat gekeur is. Hierdie derde partye sal duidelik op die webwerf aangedui word.
Die gebruiker gee by aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes toestemming dat die skool persoonlike inligting mag verwerk en gebruik.
Gebruiker het die reg om hul persoonlike data aan te vra wat deur Koeitjies en Kalfies gehou word. Sodanige navrae kan deur epos aan anell@koeitjieskalfies.co.za gerig word.
4. Kopiereg
Die kopiereg, insluitend die uitleg, ontwerp, logo, grafika en multimedia-werke, fotos, videos wat daarop verskyn, behoort aan Koeitjies en Kalfies tensy sodanige regte uitdruklik deur die eienaar voorbehou is alvorens dit op die webblad gepubliseer is.
Die handelsmerke en kentekens van Koeitjies en Kalfies is die skool se private eiendom en mag nie gebruik word vir eie gebruik nie.
5. Klagtes
Indien enige gebruiker ‘n klagte/grief oor ‘n enige spesifieke inligting, foto of video het, kan dit direk aan die eienaar gerig word by anell@koeitjieskalfies.co.za.
6. Reg en jurisdiksie
Hierdie vrywaring en bepalings is onderhewig aan en in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse reg, en enige dispute wat veband hou met hierdie vrywaring sal onderworpe wees aan die eksklusiewe jurisdiksie van die howe van Suid-Afrika.
My jongste seuntjie was daar vi paar jaar. (Hy is nou al graad 5) Dit is 'n baie oulike skool. Die klassies is klein so daar is baie persoonlike aandag. Dit het 'n lekker huislike atmosfeer. Julle sal noit spyt wees nie.
Lana Steyn